Esta Terblanche sal na bewering haar terugkeer maak na die Amerikaanse sepie, All My Children, het Channel24 berig.

Die Suid-Afrikaanse aktrise, wat alombekend was vir haar rol as Bienkie in Egoli, het in 1997 die rol van Gillian Andrassy in All My Children losgeslaan.

Sy het die sepie-wêreld egter in 2001 vaarwel geroep nadat haar karakter in die storielyn gesterf het.

Maar soos almal weet is selfs nie eers die dood ‘n struikelblok vir enige sepieskrywer nie. Hoe Esta haar terugkeer na die sepie sal maak is steeds nie bekend nie.

-Channel24

Volg Huisgenoot op Twitter.