Mary’s Gourmet Diner bied 15% afslag as jy duidelik jou gebed opsê, en dui op jou strokie die “Praying in public”-afslag aan.

’n Restaurantganger, Jordan Smith, het aan HLN bevestig sy en twee kollegas het onlangs by die eetplek geëet en het die afslag gekry.

Mary Haglund, die eienaar van Mary’s Gourmet Diner, het aan Fox News gesê die aanbieding bestaan reeds vier jaar en dat dit nie noodwendig oor geloof gaan nie, maar eerder oor dankbaarheid.

Die Christelike radiostasie Z88.3 in die Amerikaanse deelstaat Florida het ’n foto van die betaalstrokie op hul Facebook-blad gedeel, waar dit reeds meer as 9 000 keer van gehou is en sowat 4 700 mense die foto gedeel het. Bronne: facebook.com, hlntv.com, foxnews.com