Terwyl dit een van die wonderlikste ervarings is wat hulle ooit sal hê, is dit heeltemal normaal om bekommerd te wees oor wat jy in jou liggaam sit.

Daar is ’n paar dinge wat almal weet taboe is: alkohol, sigarette, halfgaar vleis en sagte kaas tel daaronder. Maar daar is nog stappe wat jy kan doen om jou ongebore baba so gesond moontlik te hou.

Tuisgemaakte roomys

Jou hormone kan veroorsaak dat jy lus kry vir allerhande vreemde kosse, maar soetgoed is gewoonlik die gewildste. Hou maar by roomys van die winkel; tuisgemaakte roomys bevat dikwels eiers, wat salmonella kan bevat. Anders kan jy self roomys maak en resepte kry wat nie eiers bevat nie of gepasteuriseerde eiers bevat.

Kruietee

Swanger vroue weet hulle moet hul kafeïen-inname beperk, terwyl sommige dit heeltemal uitsny. Maar jy moet met tee ook versigtig wees. Daar is nie baie navorsing oor die uitwerking van kafeïen op ’n fetus nie, maar enige tee met herkenbare bestanddele is veilig. Maak net seker jy is bedag op bygevoegde kafeïen.

In die feestyd

Kersfees is om die draai; jy sal moontlik ’n buffet moet aandurf. Maak net seker jy vermy koue soutvleise, patee, skimmelkaas (soos brie en camembert) en sagte bloukase. Gelukkig is nie alle kaas taboe nie; sagte kaas wat van gepasteuriseerde melk gemaak is, is toelaatbaar. Dit sluit in mozzarella, feta, halloumi, maaskaas en roomkaas. Gerookte vis, insluitend salm, word in die algemeen as veilig beskou. Maar ander waarsku die beroking is nie genoeg om alle spore van die bakterieë listeria te verwyder nie.

© Cover Media