Dis matigheid voor oë hierdie Kersfees in die Du Preez-huis op Uitenhage.

En niemand neem dit ligtelik op nie. Want die kampioen in ons projek Klop die Skaal, Leanne, se eerste feestyd wag, en die versoekings is groot.

In die maande wat verby is, het sy die hele land aangegryp met haar stryd teen vet, en toe ons laas oor haar geskryf het (As sy kan, kan ons ook!, 10 November), was sy reeds 16,5 kg van haar 191,5 kg ligter.

Nou het sy al amper 25 kg afgeskud, en sy is vasbeslote om vir haar medeverslankers, Huisgenoot-lesers wat saam met haar aan Klop die Skaal deelneem, ’n voorbeeld te wees.

Sy ken hulle op die naam, want hulle is heeltyd per SMS, BBM of e-pos in verbinding.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg Huisgenoot op Twitter.