Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens sal dit oor die naweek aanhou om in ’n westelike rigting te beweeg. Te danke aan dié sikloon het beide Mpumalanga en Limpopo reeds stewige reën ontvang oor die afgelope paar ure. Die meeste het in Graskop in Mpumalanga geval – ’n volle 166 mm! Veral by die Lisbon-waterval was dit baie duidelik dat goeie reëns uitgesak het. 

  Met reënbuie sover as Bosbokrand.  
  Selfs swaarder reën word oor die naweek in dié twee provinsies verwag en teen Vrydagoggend was meeste van Limpopo al bedek met donker wolke.  
 

Wat die res van die land betref word net ligte donderbuie in die meer sentrale dele verwag. Dit sal wyd verspreid wees tussen die suidelike Vrystaat en Noord-Kaap, asook meeste van die Oos-Kaap.

Die weerdiens het bygevoeg dat 'n gerug dat Dineo chaos Vrydagaand in Gauteng gaan veroorsaak vals is. "Geen erge weerstoestande word Vrydag in Gauteng verwag nie."