Serena het net 49 minute benodig om Chanelle met 6-1, 6-1 van die tennisbaan te vee.

Chanelle (30), wat nog nooit in die vroue-enkelspel tot die tweede ronde van Wimbledon gevorder het nie, het eergister die Amerikaner Christina McHale op die tennisbaan vermorsel, maar sy kon nie naastenby kers vashou by Serena, ’n vyfmalige Wimbledon-kampioen, nie.

Chanelle se drome om ’n Wimbledon-titel is nog nie verby nie. Sy en haar dubbelspelmaat, Vera Dushevina, het reeds tot die tweede ronde van die vrouedubbelspel gevorder.

Indien hulle tot die derde ronde kan vorder, kan Chanelle weer teen Serena te staan kom, wat dié jaar saam met haar suster, Venus, ook aan die dubbelspel deelneem.

– Christiaan Boonzaier

BRON: WIMBLEDON.ORG