Sy het ’n Hofmeyr-gesiggie en haar ma se “soenbek-lippe”.

So spog die sanger Steve Hofmeyr op Facebook met sonarfoto’s van sy en sy vrou, Janine, se eersteling, Romy-lee.

[caption id="attachment_172093" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook/ Steve Hofmeyr Foto: Facebook/ Steve Hofmeyr[/caption]

“Romy-lee Hofmeyr. Hou nie van pose nie. Duimsuier met fris hokkiebene en baie woelig,” skryf Steve.

Romy-lee sal Steve se sesde kind wees.

“Is ander 52-jarige pa’s ook so kinderlik opgewonde gewees soos ek nou is?” vra die Pampoen-sanger.

Janine, wat dieselfde foto’s op haar Facebook-profiel geplaas het, kon self ook nie meer wag om met hul prinsessie te spog nie.

Sy het juis nou die dag foto’s geplaas van ’n kroon met ’n muskietnet wat sy vir haar prinses gemaak wil hê. Die kroon kom oor ’n wiegie of ’n bed.

“Ons prinsessie is ’n diepe denker, het ’n ‘vol’ lyfie met die mooiste bolwangetjies, lippies wat ons gaan op soen en sexy beentjies, volgens haar pappa,” skryf Janine.

“Sy is net die mooooooiste klein poppie en ons hart bars van liefde.”

Volgens Steve gaan hy en Janine Romy-lee se foto’s en geboorte privaat hou. Romy-lee sal  haar opwagting na verwagting op 1 Julie maak, en Steve “kan nie wag nie”.

Janine het verlede maand, ná haar ooievaarstee ook gesê: “Die lyfie kan maar kom.”