A photo posted by Heart (@thisisheart) on

Harry en Meghan het verlief gelyk toe hulle na die komedie Peter Pan Goes Wrong gaan kyk het. Die paartjie het hand-aan-hand af in Piccadilly (’n pad in Londen) geloop en hulle aan die Kersfeesliggies verkyk.

A photo posted by Lucciview.com (@lucciview) on
Harry en Meghan het in een van die besigste strate in die wêreld, Shaftesbury-laan, geloop voor hulle na die Apollo teater toe gegaan het. Slegs een koninklike beampte het die verliefde paartjie vergesel, berig The Sun. “Harry het al gesê sy privaatheid is belangrik vir hom, maar hulle is duidelik nie bang om in die openbaar saam gesien te word nie,” het ’n pel vertel.

A photo posted by sosicapri30 (@sosicapri30) on

Vir Meghan, wat al in die flieks Horrible Bosses en A Lot Like Love te sien was, was dit ook die perfekte uitstappie.

“Hulle is duidelik mal oor mekaar en het aan vriende vertel hulle is baie verlief,” verklap die pel. Lees ook: Prins Harry reis glo ompad van 2 736 km om Meghan Markle te sien Meghan en Harry het snoesig in hul soortgelyke mussies gelyk terwyl hulle mekaar se geselskap geniet het. Meghan kuier op die oomblik by Harry in sy tweeslaapkamer-kothuis op Kensington Paleis se erf.

A photo posted by @theukscoop on

Bronne: eonline.com, thesun.co.uk, Instagram