Die hertogin van Cambridge is sommer vroeg uit die St. Mary’s-hospitaal in Londen, Engeland ontslaan nadat haar en prins William se dogter Saterdagoggend gebore is.

Sy het saam met prins William en hul seun, prins George, na Kensington-paleis teruggekeer.

Die nuwe prinses se naam is nog nie bekend gemaak nie.