"So lyk ons poplappie-prinsessie, ons mooiste Miana-meisiekind!”

Kyk: So het Sorina die nuus van Miana se koms in HOOFLETTERS bekend gemaak

Sorina Erasmus, die alombeminde en bekende Flooze, het Woensdag op Facebook die eerste foto’s van haar en Braam se tweede kleinding, Miana, gedeel.

[caption id="attachment_122028" align="aligncenter" width="600"]Foto: shalane-mare.com (Newborn & Child Photographer) Foto: shalane-mare.com (Newborn & Child Photographer)[/caption]

“Ek sal môre dit spesiaal met julle deel, dan kan julle sien hoekom hierdie mamma nie genoeg van haar Miana-meisiekind kan kry nie,” het sy Dinsdag haar aanhangers op die koms van die foto’s voorberei.

Lees ook: Sorina se krulkop-man ‘glad nie bang om hand by te sit’ met kleingoed

Die wag was beslis die moeite werd. Hierdie foto’s wat deur Shalane-Mare Newborn & Child Photographer  geneem is, gaan jou hart verower!

[caption id="attachment_122029" align="aligncenter" width="600"]Foto: shalane-mare.com (Newborn & Child Photographer) Foto: shalane-mare.com (Newborn & Child Photographer)[/caption]

Maar hoe woel dinge in die Erasmus-huishouding sedert Miana se aankoms?

“Sy is voorwaar ’n klein hoofmeisie wat alles reg doen. Kom ons hoop sy bly so voorbeeldig en haal nie later ’n paar streke uit nie,” het Sorina aan Huisgenoot gesê.

Lees ook: Sorina jubel in HOOFLETTERS! ‘Braambossie’ se sussie is hier

“Braambossie is in ekstase oor sy sussie en wil net heeltyd aan haar vat. Hy het só ’n ongelooflike liefdevolle geaardheid en mens kan sommer sien hoe sy ogies blink as hy haar sien en net wil druk.

“Hoewel hy self maar nog ’n ‘babatjie’ is wat volgende week twee jaar oud word, hou ons maar altyd ’n ogie en sit handjie by as hy haar wil optel want sy opwinding is te groot en hy ken nog nie van saggies vat nie.

[caption id="attachment_122031" align="aligncenter" width="600"]Foto: shalane-mare.com (Newborn & Child Photographer) Foto: shalane-mare.com (Newborn & Child Photographer)[/caption]

“Sover pas Miana mooi in ’n redelike normale roetine in, hoewel, gisteraand het sy wél besluit om haar eie willetjie te laat geld toe sy ons uit die slaap gehou het... Daarom moet Mamma vandag inhaal met slaap as Sussie Miana ook nou-nou weer gaan inkruip...”

Facebookgebruikers was gaande oor die foto's.

Monica Breed het geskryf: “Mamma sy is pragtig. Baie geluk aan jou en manlief. Dogters is sowaar engele uit die hemel wat God vir ’n mamma stuur. Ek het drie en hulle is seëninge, elke liewe dag. Mag sy julle jare en jare se vreugde en liefde gee en net so spontane mensie wees soos haar mamma.”

— Annelene Oberholzer

Ook op Huisgenoot.com

Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?

Hoeveel weet jy van Jan van Riebeeck?

Kyk: Hidroliese pers vernietig enigiets – van Lego tot selfone en gholfballe

Ouma oorleef wonderbaarlik ná sy deur veiligheidshek se spitspen deurboor word

Is dit dalk beter om bles te wees?

‘Sy’t ja gesê!’: Geliefde akteur het die skoot omtrent hoog deur ná verlowing