Alles wat jy moet weet oor Kim en Kanye

se troue in die volgende Huisgenoot + baie foto's!

Kim Kardashian en Kanye West se troue was baie normaal.

Die werklikheidster en die rapper is Saterdag in Florence, Italië, getroud, en ten spyte van al die mediadekking sê ’n bron na aan die twee hulle het gefokus op dit wat saak maak.

Die bron het aan E! News gesê: “Die hele troue het baie normaal gevoel. Dit was baie on-Hollywood. Dit het dalk oordadig gelyk, maar hulle het gefokus op die belangrikste dinge wat die meeste saak maak.”

’n Ander bron het opgemerk daar was min bekendes onder die gaste omdat Kim en Kanye die geleentheid so persoonlik moontlik wou hou.

Die bron het gesê: “Hulle wou ’n klein, intieme trou hê. Jay Z en Beyoncé was genooi, maar het nie bygewoon nie. Op die ou end was die troue vol liefde en baie intiem.”

Kim se broer, Rob, was in Frankryk vir die vieringe voor die troue, maar het nie die geleentheid self bygewoon nie en het na Amerika teruggekeer.

Dit was aanvanklik berig dat hy ’n uitval met Kim gehad het, maar vriende sê hy is net selfbewus oor sy gewig.

Die bron het bygevoeg: “Kim en Rob het nie ’n rusie gehad nie. Hy wou graag daar wees, maar hy was so selfbewus en wou nie hê mense moet hom so (op sy huidige gewig) sien nie.

“Kim en Kanye verstaan heeltemal; hulle is lief vir Rob en wil hom net gelukkig en gesond sien.”

Rob is gekiek by die Los Angeles internasionale lughawe op pad na die troue, die eerste keer in maande dat hy afgeneem is.

Nadat party mense op Twitter aanmerkings oor sy gewig gemaak het, het hy getwiet: “Ek het uitgevind mense praat oor my omdat ek vet is... Dankie, almal, julle maak my dag.

“En aan die blogs wat sê ek ’n oefenkamp of rehabilitasiesentrum bygewoon, LOL: Hoekom is ek dan nog vet, julle gekke?”