Die Europese Ruimteagentskap (Esa) se eksperimentele ondersoektuig het Woensdag Mars se atmosfeer binnegedring en op die Rooi Planeet geland.

Esa ontleed steeds data om vas te stel of die landing suksesvol was en of die tuig neergestort het en vernietig is.
Die Mars-tuig, Schiaparelli, sou reeds om 15:58 land, maar sowat 50 sekondes voor die bestemde tyd is radiokontak onderbreek . Ná twee “verbyvlugte” is geen sein nog opgespoor nie.

Die Schiaparelli het ’n hitteskerm, valskerm en vuurpylaandrywers wat sal help dat dit sonder enige noemenswaardige skade op die planeet kan land. Data wat reeds bekom is, dui daarop dat die hitteskerm en valskerm wel ontplooi het.

Hier is ’n voorstelling van waar die hitte-impak op die tuig die grootste sou wees.

Ten spyte van die radiostilte, word steeds gehoop die Schiaparelli sal eendag ontwaak. Rusland en Europa werk onder die vaandel van ExoMars-sendings saam aan dié projek.

Terwyl die spanning en onsekerheid rondom Schiaparelli Woensdagaand opgelaai het, was daar reeds ander goeie nuus.

Schiaparelli se “moederskip”, die Trace Gas Orbiter, het ’n wentelbaan bo die planeet suksesvol  binnegedring en die Schiaparelli het intussen ook geland.

Nog oor Schiaparelli

Dit is Esa se tweede sending om ’n  ondersoektuig op Mars te laat land.

In 2003 het Brittanje Beagle 2 gestuur, maar dié tuig kon nie tydens die landing sy sonpanele suksesvol laat oopmaak nie. Schiparelli weeg 577 kg. Dit sou Mars se atmosfeer teen ’n spoed van 21 000 km/h binngegedring het. Hier is die volledige mediakonferensie wat Donderdag deur Esa gehou is.

Bronne: linkis.com, esa.int, independent.co.uk, tampabay.com, reuters.com, cbc.ca