Terwyl die droogte in dele van die Wes-Kaap vanjaar se druiweoes gaan beïnvloed, het kenners voorspel die kleiner wynoes sal hierdie seisoen tot wyne van hoër gehalte lei, het Alan Winde, LUR vir ekonomiese geleenthede, Donderdag gesê.

[caption id="attachment_116246" align="alignnone" width="600"]Wynboere kry swaar in die uitmergelende droogte. Foto: Flickr. Wynboere kry swaar in die uitmergelende droogte. Foto: Flickr.[/caption]

Die provinsiale minister het die wynlandgoed Diemersfontein by Wellington besoek waar wynmakers sê hulle sal na verwagting net sowat die helfte haal van die 500 t oes wat verlede jaar aangeteken is.

Landbou is ’n groot werkskepper en dit sal honderdduisende mense werkloos laat, het Alan gesê. Hoewel die onlangse brande nie die wingerde geraak het nie, het die droogte druk op die bedryf geplaas.

Lees ook: Watwou! Wêreld se beste wynmaker trots Suid-Afrikaans

Wyntoerisme dra jaarliks R6 biljoen tot die nasionale ekonomie by en die Wes-Kaap het 700 wynplase, sê Alan. “Namate die vraag na ons produk groei, sal ons geskikte besproeiingsinfrastruktuur moet ontwikkel om te verseker ons kan produksie verhoog. Dit sluit in die ondersteuning van pogings om die volume water in die Brandvleidam te vermeerder,” sê hy.

“Hiervoor het ons ’n interregerings- en bedryfstaakspan saamgestel. Die uitbreiding van die Brandvleidam is ook ’n poging om die uitwerking van toekomstige watertekorte op die wynbedryf te versag.”

Die droogte het normale produksie beïnvloed, wat beteken hulle sal druiwe by ander verskaffers, wat ook tekorte het, moet koop, sê Waldo Kellerman, wingerdboukundige van Diemersfontein.

Of hulle kan wyn by ander kelders koop. Die laaste “ordentlike” reënval is in Junie verlede jaar aangeteken, sê Waldo. “Oesseisoen gaan waarskynlik van ses weke tot vier verkort word.”

Lees ook: 21-jarige draai by die dood om ná wilde nag van partytjie hou

Die druiweplukker Gerrit Smith het die uitwerking van die droogte op die oes verduidelik. “Dit het opgedroog en soos ’n rosyntjie begin lyk,” sê hy en hou ’n tak omhoog. “Sommige kan gebruik word, maar die druiwe wat erg geraak is, kan nie gebruik word nie.”

Ten spyte van die oesverlies is dit ’n laaste uitweg om die prys van hul produk op te stoot, sê Waldo. “Die wynmark is baie sensitief en uiters mededingend. Wanneer jy jou prys met R10 opstoot, kan jy ’n klant verloor wat liewer iets anders sal koop as meer betaal.”

Bron: News24