Dit het gevoel of sy twee jaar lank aaneen swanger was, want sy het pas as die verpleegster Daleen Oosthuizen van Binneland die lewe geskenk toe Desiré Gardner regtig ’n baba verwag.

“Die eerste keer dat ek swanger was, was dit net met spons.

Die tweede keer was dit met hom,” vertel die aktrise laggend en wys na haar ses maande oue seun, James Christopher, wat hier by sy ouerhuis in Boskruin Johannesburg, in sy bababed lê en slaap.