[caption id="attachment_120902" align="alignnone" width="614"]Mason en sy vriend Joe is albei in die Brussel-aanval beseer. Foto: dredenempey.blogspot.com Mason en sy vriend Joe is albei in die Brussel-aanval beseer. Foto: dredenempey.blogspot.com[/caption]

Mason het pas sy derde terreuraanval beleef, maar gelukkig ook oorleef, toe hy gister in die Belgiese hoofstad Brussel was toe ’n bomaanval die lughawe geruk het, het sy familie aan ABC News vertel. Mason was volgens hulle ook in November verlede jaar in die middel van die terreur in Parys toe skieters op ’n bloedtog deur dié Franse hoofstad is. Hy was glo ook in April 2013 by die Boston-maraton toe ’n bomaanval daar uitgevoer is.

“Dié is sy derde terroristeaanval,” het Mason se pa, Chad, aan ABC News gesê. “Dit is ongelukkig die derde keer in ons lewe dat ons met ’n bomaanval verbind word. Ons leef in ’n gevaarlike wêreld, waar almal nie gaaf en liefdevol is nie.”

Hy sterk nou in ’n hospitaal in Brussel aan en word behandel vir skade aan sy hakskeen, sowel as kwaai brandwonde en skrapnel wat hom beseer het.

Lees ook: So het die wêreld op die Brussel-bloedbad gereageer

Mason is een van drie sendelinge van die Mormoonse kerk in Amerika wat in Brussel was tydens die aanval. Richard Norby, 66, en Joseph Empey (20) is glo saam met Mason daar en word ook vir ernstige beserings behandel.

Lees ook: Nuwe inligting oor Brussel-verdagtes bekend

Die terreurgroep Islamitiese Staat (IS) het verantwoordelikheid aanvaar vir dié aanval en een wat op dieselfde dag by ’n treinstasie in Brussel plaasgevind het. ’n Geraamde 34 mense is in dié aanvalle oorlede.

“Ons is dankbaar dat ons seun, Mason Wells, die aanvalle oorleef het en gehalte mediese sorg ontvang,” lui ’n verklaring deur sy ouers aan die tydskrif People. “Ons het vinnig met hom gesels en hy voel geseën dat hy nie seerder gekry het nie, siende dat hy so naby aan die bom was.”

Bronne:People Magazine, ABC News, Daily Mail, CNN

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Wêreldmonumente verlig ter ondersteuning van Brussel

Brussel-bloedbad: ‘Ek het foto’s geneem, ek het nie geweet hoe om die mense te help nie’

Suid-Afrika ‘nie immuun teen terreur’

Ontploffings ruk Brussels-lughawe: Talle beseer, honderde vasgekeer