Dié fraai tweetjies is as ’n Siamese tweeling gebore, maar omdat hulle by die kop aan mekaar vasgesit het, kon hulle mekaar nooit in die oë kyk nie.

Maar nou wys ’n nuwe video van CNN hoe dié skatlike twee kleingoed in ’n bloedrooi waentjie deur hul ouers uit die hospitaal gestoot word. Hulle is twee maande gelede geskei.

[caption id="attachment_151024" align="alignnone" width="223"]Jadon en Anias McDonald. Foto: Nicole McDonald, Facebook Jadon en Anias McDonald. Foto: Nicole McDonald, Facebook[/caption]

Met oulike, wit helmetjies en groot, rollende oë kry hulle eindelik kans om mekaar goed op en af te kyk. Dis genoeg om enigeen se hart te laat smelt.

Die tweetjies is geskei in ’n marathon-operasie van 27 ure in ’n kinderhospitaal in New York. Omdat dit so ’n sensitiewe operasie was, het mediese personeel ’n paar keer tydens die operasie vir die tweetjies se lewe gevrees.

[caption id="attachment_151030" align="alignnone" width="300"]Jadon en Anias is beslis bly om mekaar vir die eerste keer te sien. Foto:  Nicole McDonald, Facebook Jadon en Anias is beslis bly om mekaar vir die eerste keer te sien. Foto: Nicole McDonald, Facebook[/caption]

Voorlopig lyk dit of als goed afgeloop het. Nou gaan hulle in ’n kinderhospitaal gespesialiseerde rehabiliasiesorg ontvang, berig CBS News.

Die ouers, Christian en Nicole McDonald, was oorstelp met vreugde en het baie van hul ondersteuners omhels uit dankbaarheid. “Ek sien so uit om te sien wat hulle kan doen,” het Nicole gesê.

[caption id="attachment_151031" align="alignnone" width="254"]Jadon en Anias McDonald saam met hul ma en pa, Christian en Nicole McDonald. Foto:  Nicole McDonald, Facebook Jadon en Anias McDonald saam met hul ma en pa, Christian en Nicole McDonald. Foto: Nicole McDonald, Facebook[/caption]

Daar was groot vrees en onsekerheid voor die operasie en die tweeling het paar keer baie amper omgekom.

Hulle is voor die operasie in dieselfde rooi waentjie rondgestoot omdat hul ouers hulle nie anders kon vervoer nie.

[caption id="attachment_151032" align="alignnone" width="223"]Terug in Pappa se arms. Foto:  Nicole McDonald, Facebook Terug in Pappa se arms. Foto: Nicole McDonald, Facebook[/caption]

Bronne: CNN, CBS News, The New Zealand Herald