Wat Sondag ’n gelukkige Moedersdag vir ’n ma van Burgershoop in Krugersdorp moes wees, was toe een van hartseer en trane nadat haar eenjarige seuntjie Saterdag in hul badkamer in die bad verdrink het.

[caption id="attachment_125301" align="alignnone" width="600"]Foto van bad ter illustrasie: Pixabay Foto van bad ter illustrasie: Pixabay[/caption]

Volgens die Krugersdorp Nuus was die ma Saterdagoggend besig om wasgoed te was toe die ongeluk gebeur het. Nadat sy die wasgoed op gehang het, het sy skielik besef haar seun is nie meer in sig nie.

Lees ook: ‘Die dag toe die dokter nie my ander baba kon vind nie,’ vertel pa van tweeling

Na wat berig word het die jong ma die badkamer op haar baba afgekom waar hy in ’n halwe bad water gedryf het. Sy het haar seun glo deur mond tot mond-asemhaling probeer bybring, maar kon ongelukkig nie daarin slaag nie.

Lees ook: Troufotograaf vang roerend ouers se ‘belangrikste oomblik’ vas toe hy hul sterwende baba afneem

Die ma het die nooddienste ontbied wat noodbehandeling op hom toegepas het, maar hy is op die toneel dood verklaar.

Die familie kon nie vir kommentaar nie bereik word nie.

Ander stories op Huisgenoot.com

Steve Carell deel hartseer nuus op Moedersdag

Hier is die geheim om gewig meer effektief af te skud en boonop af te hou

Kyk: Eerste reusepanda vir 2016 in aanhouding gebore en vermurwe harte wêreldwyd

Dié nege mense is vas oortuig hulle is deur ruimtewesens ontvoer

Ouers, só kan jy ’n liefde vir lees by jou kind help ontwikkel