Kate La Valette, ’n paramedikus van Emer-G-Med, het aan News24 gesê hulle het die voëls sien waggel toe hulle na ’n ander noodgeval op pad was.

“Ons was onderweg na ’n noodgeval in Boksburg en ons het van noodgroepe gehoor daar is ’n gesin eende op die snelweg. Terwyl ons daarheen gery het, het ons gesien ’n vrou in ’n silwer motor volg hulle,” sê sy.

Toe hulle van hul noodgeval terugkeer, het hulle teruggedraai en die eende en hul paniekerige oppassers op die snelweg gekry.

“Ons het gehelp om al die motors te laat stilhou en dit vir hulle veilig gemaak om die pad oor te steek. Hulle was in die grasstrook in die middel van die snelweg en dit het gelyk of hulle in die verkeer sou terughardloop.

"Met die hulp van omstanders het ons hulle gevang voor hulle in die pad beland het,” sê sy.

Twee ouer eende het na ’n aangrensende veld gevlieg terwyl die paramedici hul kleintjies aangekeer het.

“Eindelik het ons die vyf eendjies gevang en vrygelaat naby waar die ma was. Hulle het na die water gewaggel. Dit was fantasties. Ek het nog nooit voorheen so ’n noodgeval gehad nie,” sê Kate.

Bron: News24

Lees ook op Huisgenoot.com:

Dis waarom jy nooit aartappels in die yskas moet hou nie

‘Ek hou jou dop!’: Man vind onheilspellende 15 jaar oue boodskap in sy kaggel

Massamoordenaar Anders Breivik kla oor ‘onmenslike toestand’ van sy tronksel

Sorina jubel in HOOFLETTERS! ‘Braambossie’ se sussie is hier

George-man kry 37 keer lewenslange tronkstraf ná hy dogter se maats verkrag

Het jy ’n fotografiese geheue? Net een persent van mense kan dié raaisel oplos!