Wat sien jy eerste? ’n Eend of ’n konyn?

[caption id="attachment_117781" align="alignnone" width="600"]Wat jy hier eerste sien, verklap baie oor jou. Foto: Wikipedia Wat jy hier eerste sien, verklap baie oor jou. Foto: Wikipedia[/caption]

Ná die eerste verskyning daarvan in ’n Duitse tydskrif in 1892, het die Amerikaanse sielkundige Joseph Jastrow dit gebruik om te verduidelik hoe die brein werk.

Lees ook: Hond word liederlik deur sneeubal gefnuik

Hoe vinniger jy tussen ’n eend en ’n konyn kan wissel, hoe kreatiewer is jy blykbaar.

Dit kan ook ’n aanduiding wees van hoe vinnig jou brein werk.

Lees ook: Dié vernuftige truuk kan jou baie pakplek spaar

Interessant genoeg het Joseph ook gemeen die tyd van die jaar bepaal wat jy waarskynlik sal sien. As jy in die Paastyd daarna kyk, het jy glo ’n groter kans om ’n konyn te sien. Maar ’n eend is ’n groter waarskynlikheid later in die jaar.

Bronne: independent.co.uk, news.com.au