En getrou aan die slinkse kubermisdadigers se modus operandi gaan die slenter lewensgetrou genoeg aangebied word dat jy dalk daarvoor sal val.

First National Bank (FNB) maak dit duidelik sy kliënte moenie op ’n e-pos reageer waarin gewaarsku word FNB se veiligheidspan gaan jou aanlyn bankrekening sluit “omdat jy dit versoek het” nie.

Die kans is dat jy jou flou gaan skrik en summier op die skakel wat in die e-pos verskyn, gaan klik. Wie wil dan nou oor ’n naweek sonder toegang tot jou bank sit? Veral omdat soveel mense verkies om banksake aanlyn te doen.

Die slenter

scamalert-jpt

1. Die e-pos sal jou inlig ’n proses is deur die bank se veiligheidspan aan die gang gesit omdat jy die keuse uitgeoefen het om jou aanlyn FNB-rekening te sluit.

2. Jy sal voorts ingelig word jou rekening en bankkaart is ingekort en jou aanlyn bankrekening sal binne 24 uur ná ontvangs van die e-pos geblok word.

3. Die e-pos verskaf ’n skakel waarop jy moet klik as jy nie die kansellasie van jou aanlyn dienste versoek het nie.

4. ’n Volgende skakel sal geklik moet word om ’n PDF-dokument met die nodige aanwysings daarin, oop te maak.

slenterslot

Belangrik: Hierdie skakel sal jou na ’n nagebootste blad van die bank se webwerf neem.

Meld slenters hier aan

24-uur bedroglyn

Net in SA: 087 575 9444

Buite SA: +27 11 369 2924

E-pos: phishing@fnb.co.za