Nadat meer as 60 moontlike kandidate oorweeg is vir die warm stoel van Openbare Beskermer, is daar Woensdag ’n kortlys met 14 kandidate se name bekend gemaak. Die soektog na ’n geskikte opvolger vir Thuli Madonsela, wat deur sommige as Suid-Afrika se ystervrou bestempel word, nader nou die einde. Sedert sy sewe jaar gelede as die Openbare Beskermer aangewys is, moes sy talle stormagtige waters trotseer. Haar termyn verstryk Oktober vanjaar. Volgens die jaarverslag wat in Februarie 2016 bekendgestel is, het sy en haar kantoor 24 642 gevalle uit 'n moontlike 39 817 suksesvol afgehandel teen ’n koste van sowat R200 miljoen.

Een van hierdie 14 kandidate gaan haar opvolg:

1. Advokaat Kevin Malunga

2. Regter Siraj Desai

3. Willie Hofmeyr

4. Regter Sharise Weiner

5. Professor Bongani Majola

6. Advokaat MT Goodman

7. Professor Narnia Bohler-Muller

8. Mushing Lukhaimane

9. Busisiwe Mkhwebane 10. Advokaat Chris Madibeng Mokoditwa 11. Advokaat Nonkosi Princess Cetywayo 12. Mhlaliseni Mthembu 13. Jill Oliphant 14. Kaajal Ramjathan-Keogh Geen lede van die parlement, tans of voormalig, het die kortlys gehaal nie.

Daar sal op Donderdag, 11 Augustus, onderhoude met al die kandidate gevoer word ten einde te verhoed dat enige van hulle die onderhoude regstreeks op televisie kan volg.

Bronne: News24.com, mg.co.za