Verkeer word steeds ontwrig ná ’n ongeluk op die R421 naby Impalaweg in Witpoortjie aan die Wes-Rand. Nege mense is beseer en een het gesterf toe ’n bakkie en ’n taxi mekaar reg van voor getref het. Die bestuurder van die bakkie het op die toneel beswyk. Nege mense het geringe tot ernstige beserings opgedoen. Hulle is na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir verdere mediese sorg.

As gevolg van die ongeluk moes verkeer herlei word. Dit lei tot hewige verkeersvertragings op Albert Sisulu- en Randfonteinpad, asook op Corlett- en Trezonalaan.

Bron: roodepoortrecord.co.za