Volgens ER24 het drie ander mense ook ernstige beserings opgedoen met een tans in ’n kritieke toestand.

Die bestuurder van dié groen bakkie is tans in ’n kritieke toestand en die ander twee insittendes ernstig beseer. Foto: ER24

Met paramedici se aankoms op die toneel was ’n man vasgevang in ’n ligte motorvoertuig. Hy is uiteindelik uit die wrak bevry, maar ongelukkig op die toneel dood verklaar.

Die vroulike bestuurder van ’n groen bakkie was tydens die ongeluk uit die motor geslinger en het in die proses ernstige kopbeserings opgedoen. Sy verkeer tans in ’n kritieke toestand.

Foto: ER24

Die pasiënte is almal na die Tygerberg Hospitaal geneem vir verdere mediese sorg.

Polisie ondersoek nog die oorsaak van die ongeluk.