’n Facebook-plasing doen die afgelope weke die ronde dat mense solank 20 April in hul dagboek kan merk as die dag waarop die maan ’n eienaardige groen skynsel gaan aanneem.

[caption id="attachment_122175" align="aligncenter" width="480"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Dit, lui die gewilde plasing, gebeur net elke 420 jaar en is dus iets wat jy beslis nie weer gaan sien nie.

Maar wag eers ’n bietjie voor jy ’n partytjie reël en al jou vriende oornooi om op Woensdag 20 April met ’n groen mengeldrankie in die hand na die maan te staar.

Snopes, ’n webtuiste wat vreemde en vergesogte gerugte die nek inslaan, het die oorsprong van dié wolhaarstorie opgespoor. Dis die eerste keer op 25 Maart geplaas met ’n gedokterde foto van ’n groen maan daarby, en die bewering dit sou weer op 29 Maart sigbaar wees.

Lees ook: Gateway to Space: Die uitstalling, kom na Suid-Afrika!

Volgens dié plasing was die maan laas in 1847 groen; snaaks dus dat iemand destyds ’n foto – nogal in kleur – daarvan kon neem. Die verklaring was dat daar ’n seldsame interaksie tussen Uranus en die maan gaan wees wat die maan 90 minute lank groen gaan laat lyk.

Die groenmaanstorie het gou versprei, maar nadat die oorspronklike plasing uitgevee is, het die datum aangeskuif na 20 April, waarskynlik omdat dit ’n dag is waarop die gebruik van dagga gevier word, ook bekend as “420”.

Lees ook: Houston, ons het ’n superaanhanger! SA man besoek Nasa meer as 60 keer

Nou kan jy sien waar die twiets vandaan kom wat beweer dis die eerste in die afgelope “420 jaar” dat so ’n maan gesien kan word. Tensy jy dus gerook is op 20 April, gaan die maan waarskynlik sy gewone, geel self wees.

— Morné van Rooyen

Bronne: snopes.com, cnet.com

Ook op Huisgenoot.com

Kyk net wat het hierdie hond aangevang toe hy alleen tuis gelos word!

Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak

Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?

Dis hoe die nuwe WhatsApp-veranderinge jou gaan raak