Volgens ER24 het paramedici twee erg beskadige motorwrakke langs die pad aangetref met hul aankoms op die toneel.

'n Man was in die minibus vasgekeer. Hy het verskeie noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Verskeie ander pasiënte het oor die toneel besaai gelê.

Foto: ER24

Een pasiënt was in ’n kritieke toestand en twee ander in ’n ernstige toestand. Vier ander pasiënte het matige beserings opgedoen. 

Paramedici het die pasiënte op die toneel behandel en aan die kritiek en ernstig beseerdes gevorderde lewensondersteunende behandeling gebied.

Daarna is die pasiënte na die Tygerberg- en Helderberg-hospitaal vervoer vir verdere sorg.

Foto: ER24

Metro-dienste het later gespesialiseerde toerusting gebruik om die oorledene uit die voertuig te bevry. 

Besonderhede oor die voorval is nog nie bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.