Die immergewilde Momentum 94.7 fietsresies wat die afgelope naweek in Johannesburg gehou was, het 'n tragiese einde gehad ná organiseerder vanoggend bevestig het een deelnemer is in die mediese tent oorlede.

Die man was een van sowat 33 000 fietsryers wat aan die jaarlikse geleentheid deelgeneem het. Dié wedren is die tweede grootste van sy soort naas die Cape Argus wat elke jaar in Maart in die Moederstad gehou word.

Die Suid-Afrikaanse tiener Stefan de Bod het Sondag die mansresies met 'n tyd van 2:15:23 gewen. Ashleigh Moolman-Pasio het die vroue afdeling met 'n tyd van 2:34:01 gewen.

Bron: News24