Toe paramedici Vrydagaand omstreeks 22:00 by die M4 Suid naby Merebank aankom, het hulle die minibustaxi aangetref waar dit op sy sy omgeslaan het, sê Rescue Care se woordvoerder, Garrith Jamieson.

’n Man is op die toneel dood verklaar. Sommige van die passasiers is uit die taxi geskiet en tot 16 is ernstig beseer.

Die snelweg was Vrydagaand gesluit terwyl noodpersoneel gewerk om die toneel op te ruim.

Jamieson het gesê die oorsaak van die botsing is in hierdie stadium nog nie bekend nie. Die polisie stel wel ondersoek in.

Bron: News24