’n Begrafnismotor moes ’n U-draai maak nadat ’n eekhoring ’n rouklaer se motorhuis aan die brand gesteek het.

Alby Tebbutt moes sy bestuurder beveel om die kar om te draai nadat iemand hom gebel het om te laat weet sy eiendom brand, maar die bestuurder het geweier omdat hy nie die stoet wou ontwrig.

Alby verduidelik: “Ek het aan die bestuurder gesê: My huis brand, draai links.

“Die bestuurder het gesê: ‘Ek kan nie, dis ’n begrafnis,’ en toe sê ek: Vergeet eers daarvan. Draai nou links!”

Ten spyte van Alby se vinnige aksie, kon hy nie sy motorhuis red nie. Dit heeltemal in puin gelê en die skade was sowat R280 000. Hy het later vasgestel ’n eekhoring was die brandstigter.

Dié knaagdier het in die motorhuis nes gemaak en deur ’n elektriese kabel gepeusel wat die brand veroorsaak het.

- Bang Showbiz