Dis ’n koel herfsoggend hier in Olympus,Pretoria, en die liedjieskrywerlid van die groep Eden speel saggies op die klavier terwyl hy die regte melodie vir die een of ander liedjie probeer vind.

Agter Johan Vorster lê die nuutste lid van die gesin, die twee maande oue Raphael, sagkens in ’n blou kombersie in sy mandjie toegewoel en vas aan die slaap. Ma Rencha wieg die mandjie en kyk liefderik na die mans in haar lewe: Johan, Raphael en die twee jaar oue Joshua, wat op die bank voor die televisie lê en die kinderprogram Lollos kyk.

Dis moeilik om te glo, maar skaars ’n halfuur tevore was die huis ’n kakofonie van klank.Joshua het op sy plastiektromstel gespeel, met Johan wat langs hom ingeval het met wysies op die plastiekkitaar.

Tussendeur het Joshua ook nog op ’n klawerbord gehamer.“Hy’s mal daaroor om op sy tromme te speel!” het Johan bo die lawaai geskree – op 31 nog net so lief vir speel soos sy kind.

Ja, die appel in dié tuin van Eden val beslis nie ver van die boom nie.

Lees meer in Huisgenoot van 12 Mei.