Die sanger Jay du Plessis het op sy Twitter-profiel verklap hy is op die oomblik in die ateljee vir opnames.

’n Aanhanger het gevra wanneer die album kom. Hy het geantwoord dat dit ’n Eden-album is en dit dus nogal lank kan vat. Maar volgens sy twiet verloop alles volgens plan en kan die album hopelik nog vanjaar uitgereik word.

Sy agent, Corné Oosthuizen, het bevestig dat Jay saam met die voormalige lede, Paul Azevedo en Johan Vorster, inderdaad hard in die ateljee besig is met opnames. “Hulle mik om dit teen einde vanjaar uit te reik,” het hy vertel.

Ons hou dié ruimte dop, want Eden kan beslis ruk en rol!

- Loren Pienaar