Die23-jarige Britse sanger het nog ’n liedjie, One, uitgereik en dis ongelooflik. Dis die eerste liedjie wat hy vir sy tweede album geskryf het, sê Ed. “Ek het dit in 2011 in Perth (Australië) geskryf op ’n kitaar wat uit ’n whisky-vat gemaak is. My eerste album het meestal oor een mens gegaan – dis die laaste liedjie oor hulle. Die res van X gaan oor aangaan met jou lewe en die ongelooflike ervaringe wat ek intussen gehad het. Ek kan nie wag dat mense dit hoor nie!” Ons ook nie!

http://www.youtube.com/watch?v=Ix9NXVIbm2A

BRON: PEREZHILTON.COM