Die 24-jarige sanger gesels oor hoe hy meen rooikoppe die wêreld oorneem. Sy goeie vriendin Taylor Swift het selfs kommentaar oor haar vriendskap met die Brit gelewer.

Oor rooikoppe se selfaanvaarding: “Het jy al ooit die Harry Potter-flieks gesien? Hulle is baie onrealisties, en dis nie net oor die towenaars en drake nie. Dis omdat ’n rooikop twee vriende het. Rooikoppe word op skool geboelie. Rassisme is heeltemal onaanvaarbaar in Engeland, maar mense moet seker iemand afknou. Dis reg so. Ons gaan nog die wêreld oorneem.”

Oor sy nuwe beeld: “My publisiteitsbeampte het gesorg dat ek vorder van die swaksgeklede man van 2012 tot by ’n aanvaarbare styl. Ek trek darem nou ’n bietjie beter aan. Ek het nog nooit regtig omgegee wat mense aantrek nie; daarom weet ek nie hoekom mense omgee oor wat ek dra nie.”

Taylor oor haar vriendskap met Ed: “Sy vertonings is so boeiend en dapper. Dit is baie dapper om uit te gaan tydens (die Red) stadiontoer sonder enige groep. Dit was net Ed op die verhoog elke aand met sy kitaar; hy het gedoen wat hy gedoen het vandat hy as kind in Britse kroeë en klubs gespeel het.”

ed-sheeran-billboard-cover