Die e-tolstelsel sal op 3 Desember in werking tree, het Dipuo Peters, minister van vervoer, Woensdag aangekondig.

Die minister het gesê motoriste sonder skyfies sal dubbel die bedrag moet betaal en sal nie voordeel trek uit die afslae nie.

Peters het gesê maatreëls is ingestel om te verseker dat die e-tolstelsel werk.

Sy het gesê die e-tolstelsel sal help in die stryd teen die kloning van nommerplate en verkeersknope verminder.

Opposisiepartye het vroeër die maand bekend gemaak dat hulle die regsgeveg teen die omstrede stelsel gaan voortsit, het ?Beeld berig.

Sowel die DA as die VF+ het aansoeke by twee hooggeregshowe ingedien waarin hulle vra dat die Wysingswetsontwerp op Vervoerwette en Verwante Sake, die sogenaamde e-tolwet, ongrondwetlik verklaar word.