Volgens ’n verklaring deur die polisie het hulle Lopez Elorza Saterdag in hegtenis geneem op die dorp Santa Comba in die noordwestelike streek van Galicia, Spanje. Hy het daar weggekruip sedert ’n Spaanse hof verlede maand toestemming gegee het dat hy na die Verenigde State gedeporteer word.

“Hierdie persoon, ’n veearts en lid van ’n organisasie wat met dwelms smokkel, het heroïen vanaf Colombia na die Verenigde State vervoer deur middel van implantate in klein hondjies, wat hy as troeteldiere versend het,” het die polisie in ’n verklaring gesê.

Lopez, wat getroud is en twee kinders het, is in Desember 2013 aangehou in Lugo, Galicia, kragtens ’n internasionale lasbrief vir inhegtenisneming, maar hy is vrygelaat terwyl sy uitlewering in oorweging was.

Hy is sedert 2005 op die vlug toe die Colombiaanse polisie ’n klopjag uitgevoer het op ’n kliniek in Medellin en 3 kg heroïen in drie klein hondjies gevind het wat per vliegtuig na die Verenigde State gestuur sou word sodra hul operasiewonde genees was.

Bronne: News.com.au, CBS News

Ná die klopjag in Colombia het die Verenigde State polisiemagte wêreldwyd gevra om die veearts in hegtenis te neem onder verdenking van dwelmsmokkelary.

Volgens die Spaanse polisie het Lopez sedert die hofbevel rakende sy uitlewering in die woonstel in Colombia gebly. In ’n poging om inhegtenisneming vry te spring het hy geen kontak met sy vrou en kinders gemaak nie.