’n Dwelmhandelaar is gelas om opstel van 5 000 as straf te skryf.

Terry Bennett (32) het erken dat hy sowat 900 g dagga in sy besit gehad het, waarna regter Julian Lambert hom aangesê het om ’n opstel te skryf omdat hy nie gemeenskapswerk kan doen nie weens ’n skouerbesering.

“Dit was ’n skok om so ’n ongewone straf te kry. Ek moes eeue gelede laas ’n opstel skryf,” het Bennett gesê.

“Ek het die regter gevra of ek ’n gebalanseerde argument vir en teen dagga kon skryf, maar hy het gesê aangesien die dwelm onwettig is, mag ek net oor die nadele skryf.

“Ek gaan skryf oor sekere gevare van dagga waarvan mense nie noodwendig bewus is nie.”

Die hof in Bristol het hom aanvanklik gevonnis tot een jaar opgeskorte tronkstraf met 240 uur gemeenskapswerk, maar die hof is eers daarna van sy besering in kennis gestel.

-Bang Showbizz