Dwayne “The Rock” Johnson het sy loopbaan voorlopig opsy geskuif om sy lewensmaat, Lauren Hashian, te ondersteun.

Toe Dwayne hoor Lauren se pa, die Boston-rocker Sib Hashian, het Woensdag gesterf, het hy sonder aarseling alles laat vaar op die stel van sy HBO TV-reeks Ballers in Las Vegas en dadelik na Lauren gevlieg.

Sib het het tydens ’n vertoning op ‘n rock-vaart ineengestort en gesterf. Lauren is die ma van sy dogtertjie, Jasmine. Wayne het ’n foto op Instagram gedeel waarop hy, Lauren, Jasmine, Sib en nog twee vroue verskyn en na Sib as sy “tweede pa” verwys. “Weet nie hoekom goed gebeur soos dit soms doen nie. As ’n geliefde ons so skielik verlaat sonder ’n geleentheid om te groet,” het hy geskryf.

Rest In Peace & Love to my second dad Sib Hashian. Don't know why things have to happen the way they do sometimes. When loved ones leave us so suddenly without having a chance to say goodbye. Perhaps the lesson here is the reminder to live our lives as full and as present as we possibly can, because we just never know what's around the corner. What a full and exciting life this man lived. What an amazing family he created, loved, watched over and protected. Being on stage, in front of adoring fans, friends and family. Keeping the beat one last time. Your passing in this manner is extremely poetic and somehow beautiful. Thank you for the many life lessons you've taught over the years. Grateful. We love you Sib. We miss you. Yhmwitcoltroml. "Hasan burgers" for everyone in heaven.

A post shared by therock (@therock) on

Dwayne mag wel ’n monster in die professionele stoeikryt gewees het, maar die man het al meer as een keer bewys dat hy ’n sagte hart het.

Kort voor hy die nuus van Sib se dood ontvang het, het Dwayne ’n roerende video vir ’n siek aanhanger genaamd Taitusi op Instagram gedeel. Taitusi wou graag vir Dwayne ontmoet, maar “The Rock” se reisverpligtinge het dit onmoontlik gemaak om na Taitusi te reis.

In die video sê Dwayne “jy is gek oor hoender, ek is gek oor hoender. Jou gunsteling kleur is rooi, ek is gek oor rooi. Jy’s dol daaroor om Call of Duty te speel, ek faal liederlik met Call of Duty. Jy’s gek oor pannekoek, ek’s gek oor pannekoek . . .” Dit het nie daar geëindig nie. “Ek wil hê jy moet weet alhoewel ek jou nie kan sien of ontmoet nie . . . jy een van die koelste kinders is waarmee ek nog ooit gesels het. Jy is sterker as wat ek ooit sal wees.”

© Cover Media