Die akteur, ook bekend as The Rock, maak reg vir ’n silwerdoekweergawe van die klassieke TV-reeks. En dit lyk asof hy omtrent gees vang vir sy rol as lewensredder, want die gespierde akteur het onlangs ’n roerende staaltjie van sy Labor Day-naweek vertel.

Dwayne (43) het onlangs sy gesin uitgebrei met twee Franse bulhonde, Brutus en Hobbs, en toe hy hulle in die tuin loslaat, moes hy toekyk hoe die hondjies reguit swembad toe hardloop en inspring. Hobbs het begin swem, maar Brutus was effe verward en het begin sink.

“Ek het gehardloop en klere en al in die swembad gespring, tot by die bodem geswem, my hondjie gered en hom tot by die swembadrand gebring. Hy’t ’n bietjie geyl, ’n oomblik gevat en toe al die water opgebring wat hy ingesluk het en vir my gekyk as of hy wou sê: ‘Dankie vader, dit was nie nodig vir mond-tot-mond nie!’ en toe weggehardloop om met sy boetie te speel,” het Dwayne op Instagram gedeel.

Hy was duidelik verlig en het ’n foto van hom in sopnat klere, met ’n hond in elke hand, gedeel. Maar hoewel hy Brutus kon red, het sy foon nie die paal gehaal nie.

“Ek het vandag ’n paar lesse geleer: A) Nie alle hondjies het die instink om te swem nie. B) Party hondjies (soos Brutus) gaan so groot skrik vir water dat hulle vinnig sink; daarom moet jy vinnig leer reageer. C) As jy hardloop om jou hondjies te red probeer om jou selfoon na veiligheid te gooi voor jy inspring. Moenie dit in jou sak los soos ek gemaak het nie. #BRUTUSLives #HOBBSCanSwim#MyCelPhonesDead#AndNoMouthToMouthNeeded#HappyLaborDay”.

© Cover Media