Vroeër vanjaar het die aksieman Gabriel “Tater” Singleton na die stel van die nuwe Baywatch genooi en sodoende die kind se lewensdroom bewaarheid om sy held te ontmoet. Dwayne het foto’s en video’s op Instagram gelaai van hul tyd saam. En gister het die akteur en voormalige stoeier die hartseer nuus bekendgemaak dat sy jong vriend oorlede is.

A photo posted by therock (@therock) on

In ’n lang boodskap skryf Dwayne: “Ek weet nie hoekom hierdie sewejarige seuntjie gekies is om met kanker te worstel nie. Om elke dag hard daarteen te baklei. Ek glo alles gebeur om ’n rede, maar soms moet ons geloof hê om dieper te kyk na wat dit is. ’n Paar dae gelede is klein Tater oorlede; hy het sy engelvlerke gekry en het geen pyn meer nie.

“Ons krag en liefde gaan uit na Tater se ma, pa en susters. Ek het die voorreg gehad om tyd saam met hulle op die stel van Baywatch deur te bring. As ’n pa sal ek enigiets doen om ’n glimlag op my dogters se gesig te sien en Tater se ma en pa het alles in hul vermoë gedoen om die seuntjie te laat glimlag. Hy het en dit was pragtig. En ons het almal saam met hom geglimlag.”

Hy sê voorts: “Ons kan nie beheer wat om die draai is nie, maar ons kan altyd ons optrede beheer en hoe ons kies om te leef en lief te hê in hierdie onvoorspelbare, gekke en wonderlike ding wat ons die lewe noem. Moeite is ons keuse. #LiveLikeTater (Nadat ek hierdie boodskap geskryf het, tel ek my seëninge en is ek gemotiveer om vandag produktief te wees en soos ’n maniak deur ’n muur te hardloop. Iets wat Tater beslis sou laat lag het.”

Toe Tater sy held in Maart ontmoet, het Dwayne ’n video gedeel van waar hy vir sy aanhanger ’n gedokterde plakkaat gee waarop die seun die ster van sy eie Baywatch-rolprent is. Voor hy die raam aan hom oorhandig het, het Dwayne teen die trane geveg terwyl Tater verwonderd daar staan.

In die byskrif skryf Dwayne: “Toe ek vir hom sê hy inspireer ons almal, veral vir my, en na hom afkyk en hom na my sien opkyk en sy kop knik, met daardie groot oë. Liewe Vader, ek het amper voor hom en die hele verdomde span in trane uitgebars.

“Al het ek amper soos ’n baba begin huil en my beeld as tawwe Tienie bederf, was die grootste, en ek dink mooiste, ironie oor Tater dat hierdie spesiale seuntjie geen idee het hoeveel hy almal van ons om hom inspireer nie. Eendag sal hy weet.”

© Cover Media