Dwayne “The Rock” Johnson het belowe sy rolprentweergawe van Baywatch gaan baie meer spanningvol wees die oorspronklike een.

Die voormalige stoeier (43) het bevestig hy en die akteur Zac Efron (27) vervaardig tans ’n grootskermweergawe van die TV-program uit die 1990’s. Dit het oor lewensredders gehandel, en mense soos Pamela Anderson (48) en David Hasselhoff (63) was die sterre.

Die reeks was veral bekend vir die skamele kostuums wat die akteurs gedra het, en Dwayne het geskimp die fliek sal daardie astrantheid behou.

“Ons wil ’n groot, prettige en epiese rolprent maak. Dit moet alles bied waarna julle soek,” het hy aan D23 Expo gesê. “Ons wil seker maak die dialoog is gevat, vol goeie aksietonele en vuil grappe!”

Zac het reeds vertel hoe opgewonde hy is oor sy betrokkenheid. Hy het gesê dit gaan “groot, werklik en rou” wees, met ’n R-gradering.

“Ons is opgewonde daaroor. Ek ken Zac al jare, en ons sien baie daarna uit om die rolprent te vervaardig,” het Dwayne, wat oorval is met aanbiedings van sterre wat graag by die projek betrokke wil raak.

Die gesogste rol is dié van die blonde, goed bedeelde C.J. Parker. In die TV-reeks was Pamela C.J. Dwayne vertel: “Ek kan jou nie sê hoeveel oproepe ons van die wonderlikste aktrises en modelle van oor die hele wêreld gekry het nie, van hul agente en bestuurders. Almal wil C.J. wees.”

[caption id="attachment_107315" align="alignnone" width="590"]Pamela Anderson as C.J. in die oorspronklike reeks. Pamela Anderson as C.J. in die oorspronklike reeks.[/caption]

Pam self is egter nie so in haar noppies nie. Sy het aan TMZ gesê niemand “waardeer die nuwe weergawes” nie.

Dis nog onbekend wanneer die rolprent uitgereik sal word, maar dit behoort aanstaande jaar gereed te wees.

© Cover Media