Ons dink: 5/5

Robbie is ’n popgenie met ’n solo-loopbaan van langer as ’n dekade.

Dié dubbelskyf-DVD met 38 musiekvideo’s is ’n moet vir aanhangers.

Ons het treffers soos Let Love Be Your Energy, Strong, Rock DJ, Sexed Up, Angels en die duet metNicole Kidman,Somethin’ Stupid, geniet. Kids, ’n duet met Kylie Minogue, is ewe genotvol.

WEN: Vyf gelukkige lesers kan elk Robbie Williams se DVD In and Out of Consciousness wen.

SMS die naam van die kunstenaar saam met wie Robbie die liedjie Kids sing, jou naam en posadres voor 24 Februarie om 17:00 na 34922. Elke SMS kos R1,50. Die borg is verantwoordelik vir die versending van die pryse aan die wenners binne ’n redelike tyd.