Ons dink 4/5

André Rieu sluit sy wêreldtoer af in sy tuisstad, Maastricht, in Nederland.

Die energieke uitvoering vermaak van begin tot einde. Die hoogtepunt is toe Rieu sy gaste uit Suid-Afrika, die Hout Bay Music Project, voorstel en hulle Pata Pata en The Lion Sleeps Tonight sing.

Dit gee sy konsert ’n ware Afrika-gevoel en laat jou ’n traan stort van trots.

’n Moet vir aanhangers.