Riller.

2011. 101 min.

Met Matt Damon en Emily Blunt.

Regie: ­George Nolfi.

10T.

Ons dink: 4/5

Die politikus David Norris (Damon) ontmoet op die vooraand van die verkiesing die danser Elise (Blunt) en sy inspireer hom om ’n toespraak te lewer wat sy loopbaan red.

Maar toe hy haar probeer kontak, lê ’n geheimsinnige groep mans in pakke hom voor en sê hy en sy is nie bestem om saam te wees nie en hy moet op sy loopbaan fokus.

Hulle is van die Adjustment Bureau en sorg dat almal op hul bestemde lewenspad bly. Maar David en Elise loop mekaar gedurig raak . . .

Hierdie roerende fliek slaag daarin om boeiende treffervermaak te wees en terselfdertyd filosofiese vrae te opper.

Die vreemde konsep word vinnig en oortuigend verduidelik en die regisseur bly jou boei terwyl jy kyk hoe die buro se binnewerking en planne ontvou.

Tog bly die fokus op die liefdesverhaal. Dit het hope sjarme en die duidelike vonk tussen Damon en Blunt sorg dat jy enduit duim vashou dat hulle hul lotsbestemming sal uitdaag.

Bonusmateriaal: kort-flieks, kommentaar.

Volg Huisgenoot op Twitter.