Romanz se nuutste gospel-DVD is ’n emosionele reis gevul met treffers soos Houtkruis, Jerusalem en Genade Onbeskryflik Groot.

Die gospelsanger Willie Joubert sing twee liedjies saam met die groep en die Kersfeeskeurspel sal Romanz se aanhangers se harte verbly.

Die reuse orkes sluit viole, kitare, tromme, ’n klavier en doedelsakke in. Al kom die stelontwerp dalk te minimalisties voor, is die kamerawerk en die tegniese versorgings puik. Die bonusmateriaal is twee van hul musiekvideo’s.

Volg Huisgenoot op Twitter.