Ons dink: 3/5

Katie Melua verkies duidelik eenvoud op hierdie DVD wat voor ’n gehoor opgeneem is.

As jy iets groots, oorweldigends en skouspelagtigs soek, is dié DVD nie vir jou nie.

Maar met liedjies soos Call Off the Search, Nine Million Bicycles en Closest Thing to Crazy wys Katie sy verstaan die kuns van subtiel sexy wees. Al beswaar is dat sy geen liedjies van haar jongste album, The House, ingesluit het nie.