Hier is goeie nuus vir Gerhard Steyn-aanhangers: ’n DVD met al sy beste musiek­video’s is nou beskikbaar.

Gerhard Steyn Platinum Prins: Die Musiekvideo’s bevat 12 snitte, en dis ’n skatkis van plesier: van Baby Tjoklits tot Rooi Roos, sy duet met Ná­dine.

Ander hoogtepunte is Dimpels, Diamante vir Jou, Jy’s My Hartklop en die treffer Spore in die Lug, een van die top-10 liedjies in verlede jaar se Huisgenoot-liedjieskryfkompetisie.

Die duet Tussen Treine saam met Richard van der Westhuizen is ’n nostalgiese kragtoer.

Volg Huisgenoot op Twitter.