Drama.

Met Janet Jackson, Loretta Devine, Thandie Newton, Whoopi Goldberg en Kerry Washington.

Regie: Tyler Perry.

2010.

106 min. 16GTS.

Ons dink: 3/5

Tyler Perry se nuwe fliek is gegrond op Ntozake Shange se verhoogstuk van 1975, For Colored Girls Who Have Considered Suicide When the Rainbow Is Enuf.

Dit gaan oor nege vroue, elk met haar eie stryd.

Onder hulle is Jo (Jackson), ’n magtige tydskrifredakteur wie se man op die punt is om ’n donker geheim te onthul; Juanita (Devine), wat in ’n verhouding met ’n getroude man vasgevang is, en Kelly (Washington), wat pas uitgevind het sy kan nie kinders kry nie.

Ook die ander vroue worstel met ernstige probleme, soos gewelddadige mans, verkragting, ’n ongewenste swangerskap en ’n oënskynlik sielsieke ma.

Die fliek raak nogal donker, maar is tog inspirerend, want ons sien die vroue se krag seëvier. Dit is vol poësie en die toneelspel is skitterend, maar die lang tonele kan selfbehep voorkom.

Perry se aanhangers sal in elk geval daarna kyk, maar vermy dit as ’n ernstige drama jou nie aanstaan nie.

Volg Huisgenoot op Twitter.