Ons dink: 3/5

Met Beyoncé en haar pa, Matthew Knowles, as uitvoerende vervaardigers is dit moeilik om dié DVD nie as reklamefoefie te beskou nie.

Tog bied dit – deels ’n agter-die-skerms-dokumentêr oor Beyoncé se wêreldtoer en deels opnames van haar konserte – bewonderaars baie, soos haar skitterende choreografie en sensuele danspassies.

Daar is ook onderhoude met haar binnekring.

Net vir kanniedood-aanhangers.