Ons dink: 3/5

Die vioolmeester verkies eenvoud op sy jongste DVD.

Dit is op die skilderagtige Duitse eiland Mainau opgeneem wat vir sy blommeprag bekend is en heelwat van die gewone tierlantyntjies is weggelaat.

Maar ongelukkig is dit nie Rieu se beste DVD nie, ondanks wonderlike nommers soos You Raise Me Up, Mama en die Chianti Song.

Nog ’n probleem is dat sy humor vir jou verlore is tensy jy Duits verstaan. André het onlangs baie van die liedjies in Suid-Afrika uitgevoer.