2011 is verby, maar dit beteken nie ons moet van verlede jaar se musiek vergeet nie. Danksy die DVD 2011: ’n Dekade Plus Een van Afrikaanse Treffers Volume Drie kan jy kyk en luister na 18 van verlede jaar se lekkerste treffers.

Die DVD trek los met die musiekvideo van Nádine en Gerhard Steyn se Rooi Roos, maar het ook op en wakker treffers soos Snotkop se Kry Jouself by die Werk en Robbie Wessels se Verbode Vrugte.

Nog gunstelinge op die DVD is Sorina se Sonneblomme en Elizma Theron se Hoekom.

Volg Huisgenoot op Twitter.