Rajen Kandasamy is op 1 Maart 2017 drie lewenslange vonnisse opgelê vir die grusame moorde op sy vrou en twee tienerkinders.

blockquote class="twitter-tweet" data-lang="en">

Three life sentences for Chatsworth father #RajenKandasamy
Tune in !! pic.twitter.com/gOTSFeVLwt — Newsbreak (@Newsbreak_Lotus) March 1, 2017

Vroeër

Besonderhede oor die gesinsmoord het aan die lig gekom toe Rajen op 31 Desember 2013 ’n verklaring aan die polisie aflê. Dinsdag is hy in die hooggeregshof in Durban skuldig bevind aan die moord op sy vrou, Varsha “Mala” (41), sy dogter, Melarisa (18), en seun, Megandran (17).  

Maar wat het hom daartoe gedryf? Volgens Rajen se verklaring destyds wou sy vrou van hom skei omdat daar glo iemand anders in haar lewe was.

Op die dag van die moorde het Rajen en Varsha meermale ernstig gestry oor teksboodskappe wat sy aan iemand anders sou gestuur het.

Varsha was reeds in die bed, waarskynlik aan die slaap, toe haar man haar eers in die gesig geslaan het. Sy het glo net saggies gekreun.

Daarna het hy haar nog twee keer oor die kop geslaan met ’n hout-gada, ’n tradisionele Indiese staf wat die Hindoe-god Hanoeman dra.

[caption id="attachment_161417" align="aligncenter" width="600"]Dié kunswerk beeld Hanoeman uit met die gada in sy linkerhand. Bron: wikimedia.org Dié kunswerk beeld Hanoeman uit met die gada in sy linkerhand. Bron: wikipedia.org[/caption]

Rajen het Megandran glo teen die agterkop geslaan toe hy die slaapkamer binnekom op pad na sy ma. Hy het op die vloer neergeval waarna Rajen hom ook twee keer oor die kop geslaan het. Dieselfde lot het Melarisa getref toe ook sy die kamer binnekom. Toe hy haar die derde maal met die staf slaan, het dit na bewering gebreek.  

Luidens sy verklaring het hy sy klere uitgetrek en langs sy vrou se lyk neergegooi. Daarna het hy ander klere aangetrek en gaan stap.

Aanvanklik is glo ook vir Rajen se lewe gevrees omdat hy vermis geraak het ná die moord op sy gesin.

Familielede het luidens berigte bekommerd begin raak toe hulle nie die Kandasamy-gesin telefonies kon bereik nie en het die polisie gevra om ondersoek in te stel.

’n Buurman, Oliver Munderamuthu, was teenwoordig toe die polisie by die huis opdaag.

Hy het in Maart 2016 getuig dat hy by ’n oop badkamervenster geklim het om die Kandasamy-huis binne te gaan. Hy het die twee tieners bedek met bloed op die vloer in die slaapkamer aangetref. Varsha se lyk was in dieselfde vertrek, maar sy was in die bed onder ’n kombers.

Oliver het daarna vir die polisie geskree om die voordeur af te breek om ook die huis binne te kom.

Rajen het egter beweer dat hy niks kan onthou van wat daardie noodlottige aand gebeur het nie. Hy is in Januarie 2014 vir 30 dae vir waarneming gestuur, maar is daarna as geskik vir verhoor verklaar.

  Hy het beweer die ondersoekbeampte, Rama Moodley, het hom ’n verklaring onder dwang laat aflê en skuldig aan die moorde laat pleit. Dié bewering is egter weerlê.   Rajen is wel op 2 Junie 2014 op borgtog van R10 000 vrygelaat.  

Op 29 Februarie 2016 het hy formeel onskuldig gepleit aan die drie aanklagte van moord.

Die datum van vonnisoplegging sal binnekort bekendgemaak word.